Skadu Kind Poem by Janine Louw

Skadu Kind

Jy sien jouself soos 'n blinde wat sy oe weer vind
deur mis betrag jy die skadus anderkant die kind
jy smag om vry te swewe hoog bo die wind
hou vas aan hoop my liefling-liefste skadu kind.

Plof swaar die stukke legkaarte in jou binneste my kind
lees daarin kettings wat jou lank reeds so bind
deur nag-deurdrenk sal die son se strale jou ook vind
hou vas aan hoop my liefling-liefste skadu kind.

Jy is bestem vir dinge groter as dit my kind
daarom moet jy jou rare stem eers vind
jy loop met vrees wat heel jou woord verslind
maak oop jou oe en sien jou raak deur die skadus wat jou verblind.

Maak los jou gees en wees nie meer bedees
jy's meer as dit waarin jy jouself bevind
glo vas en maak die sluise van jou siel wyd oop
sodat jy kan leef
my liefling-liefste skadu kind.

Skadu Kind
Sunday, January 25, 2015
Topic(s) of this poem: hope
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Janine Louw

Janine Louw

Worcester
Close
Error Success