Ek Wou Nog Poem by Amanda Boucher

Ek Wou Nog

Woorde…. Hoe en waar kry ek die regte woorde om my gevoelens te beskryf
Hulp… As jy met my kom praat het, as ek jou kon vashou, baie styf
Vriende…. Weet jy dan nie dis waarvoor vriende daar is
Trane….. My hart se trane loop oor jou besluit, ek sal jou regtig mis
Verward….. Iewers draai die boodskap nog in my gedagtes en soek ‘n plek
Te laat…. Altyd kom die woorde vir ‘n vriend te laat,
Verstaan…. Iewers probeer ek nog die redes kry om jou besluit te verstaan
Vir altyd….. My gedig sal deur die kabels swerf, onbewus waarheen dit trek
Vrae….. Waarom, is die vraag, wie sal weet, is die antwoord, op die einde, wat sal dit baat
Here…. Here…. Here….
Here, U weet dat my hart nie kan verstaan waarom ons nie kon help
U weet waarom het hy nie na iemand gegaan vir hulp
U weet dat die trane gate in ons wangvleis vreet
U weet sy kinders staan eenkant verward
Heer, U weet spyt kom altyd te laat
Heer, waarskynlik sal ons dit nooit verstaan
Heer, bring verligting vir die pyn wat vir ewig duur
Heer, bring berusting vir die baie vrae
Dankie….. Dankie…..Dankie

Ek sal jou mis Gideon.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success