Jy's Baie Spesiaal Poem by Amanda Boucher

Jy's Baie Spesiaal

Ek het jou anders gemaak sodat jy kan uitstaan bo die res
Ek het jou talente gegee sodat Ek jou kan gebruik
Moenie wegskram van dit wat Ek vir jou beplan
Ek kan sien soms probeer jy net jou bes
Vertrou op My en jy sal sien hoe die donker wolke wyk
Gee jou probleme vir My want Ek sê jy kan
Volg My stem wat sag in jou binneste opklink
Sien hoe Ek na jou kyk die volgende keer wanneer jy in die spieël kyk
Plaas ‘n glimlag om jou mond wanneer jy sagte woorde daaroor spreek
Ek sien die dinge van jou hart en siel,
Ek voel die gevoelens wat deur jou binneste bruis
Ek het reeds die pad namens jou gestap, die spot en pyn verduur
Ek het reeds my liggaam aan die kruis vir jou laat sterf
Die bloed is reeds uit My are leeg geloop vir jou
Ek het dit vir jou gedoen want jy is enig in jou soort
Ek het dit alles vir jou gedoen want jy is Myne
Wat maak dit saak wat ‘n ander van jou sê
Wat maak dit saak as ‘n ander nie van jou hou
Wees jy die persoon wat Ek geskape het
Gaan uit en hou jou besig met die dinge wat vir My aanneemlik is
Gaan uit en dra die Boodskap van lewe aan die ander oor
Gaan uit na die volke, Ek sal by jou wees

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success