Japan In U Hande Poem by Amanda Boucher

Japan In U Hande

Heer, sien die pyn en seer van hierdie mense
een oomblik nog besig met gewone dagtake en nou....
Heer, stuur U hele Engelemag om hierdie nasie te dra en by te staan Heer, hoe sal die kinders hierdie dinge verwerk?
Hoe sal die mense weer opstaan as U hulle nie help?
So klein is ons in hierdie heelal wat U geskep het
en tog..... In U oë is ons almal gelyk
In U oë is ons spesiale weesens, geskep om U te loof en eer
Heer, ons bring hierdie nasie voor U aanraking
bring verligting in die enigste manier wat U kan
Stuur 'n oplossing vir die neukleer probleem
Heer, blaas U asem oor hulle uit
Heer, kyk hulle in die oë en hou hulle gefokus
Heer, U alleen kan hierdie mense red.
Laat ons luister as U ons hulp vra
Laat ons U belofte verkondig en bid vir 'n mede wese

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success