Stille Vertroue Poem by Amanda Boucher

Stille Vertroue

In jou nood het Ek jou traan gesien val
Ek was bewus van die diep en donker dal
As jy vir ‘n oomblik jou oë sluit en in jou hart na My roep
Dan plaas Ek jou in My spesiale groep
As jy vir ‘n oomblik stil word en luister
Sal jy hoor dat dit My stem is wat in die warrelwind fluister
Op die enigste manier wat Ek weet om jou te nader
Sal jy die antwoord kry om jou tot My te nader
Op jou knieë is jy laag genoeg gebuk
Sodat jy nie sal seerkry van die gebroke stuk,
Wat Ek met magtige krag van jou weg skiet
Want jou smeek gebed is in My ore nooit verniet
Word stil voor My aanraking in hierdie dag
Want Ek wil jou spaar van die ondraaglike nag
Vertrou op My maniere om jou teen My vas te druk
Drink van My lewenswater, neem ‘n groot sluk,
Word stil in jou vertroue op My
Kyk, Ek loop langs jou sy
Voel My hand se aanraking op jou skouer
Vir jou is Ek soos ‘n broer, net ouer
Praat My woorde wat Ek in jou gedagtes sal plaas
Kom na My, asseblief, jy moet jou haas
Want as jy stil word in jou vertroue in My
Sal jy sien Ek loop langs jou sy

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success