Soms Voel Ons Oorweldig Poem by Amanda Boucher

Soms Voel Ons Oorweldig

Heer, soms voel ons so oorweldig deur ons probleme
soms kan ons net nie die lig sien skyn nie
vasgevang in 'n web van twyfel en minagting
maar U sien dit anders, U sien die rede agter ons twyfel
Heer, U ken die rede waarom ons nie verder kan dink
ek bid vir die wat struikel en val
ek bid vir die wat nie meer die mooi aan hulself kan erken
ek bid vir die wie se seer so rou in hul binneste sit
Heer, ek bid ook vir die wat daardie pyn veroorsaak
ek bid dat U aan hulle sal verskyn sodat hulle dit sal herken vir wat dit is
Heer, ek bid vir die moordenaars wat ander se lewens verwoes
ek bid vir mense wat arm mense se geld steel
Heer, vanoggend bid ek vir 'n land wat op sy knee staan
Heer, hoor ons smeek gebede in hierdie oggend
hoor ons rou krete wat uit verskeurde harte kom
hoor die angsgebede van die mense wie se hele wese uit mekaar geruk is
Heer, so baie mense kan nie bid in hierdie oggend want hulle is stom geslaan
hierdie gebed is namens hulle
Heer, so baie mense sien nie meer die nut daarin om te bid
hulle verstand en siel het te hard geword
Heer, ek bid ook vir hulle
U is 'n God van liefde
Heer, U is 'n lewende God wat luister.
Spreuk tot elkeen wat hier lees en bring vertroosting in 'n dorre landstreek
bring wolke waar die son te warm skyn
bring 'n reenboog waar dit te veel reen
bring 'n glimlag waar pyn die gesig vertrek
bring 'n vonkel in die oe wat dof geword het
bring sagte woorde na ore wat nie meer die liefdeslied kan hoor.
U is die God wat ons geskep het en alles was mooi
maar die mens het dit kom verander toe hulle nie meer na U stem wou luister

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success