Verruklike skoonheid en teenwoordigheid
Asemsnakkende glimlag en vriendelikheid
Beperk...
Emosionele toue wat my geduld deurboor
Sien jy op my hart die verontregte merk
Afgesny...
Woorde nou tot n nuwe minimum gedaal
Besoeke al minder...
Vermy?
Ek weet jy wil die versoeking afweer
Sodoende die hekke na gelukkigheid en smart geslote
Wil jy nie maar jou gevoelens deel
Die warwoel in my kop beteuel
Jy besef nie wat jou afwesigheid aan my doen nie
Kom terug, breek af en voltooi die legkaart
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem