Kinders Poem by Reinette J.v Rensburg

Kinders

Die vreugde wat jy kry wanneer jy uitvind jy is verwagtend nadat jy al 2 jaar probeer het is ‘n vreugde wat net ‘n moeder kan beskryf, dis iets wat van God af kom ‘n toekoms wat hy vir jou beplan, want hy weet jy is reg daarvoor, ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe asem ‘n wonderwerk wat van twee mense gemaak is.

Dan sit ‘n mens terug vee ‘n traan van jou gesig af en wonder hoekom ander mense nie so bly kan wees oor die wonderwerk wat op hul pad gestuur is nie, waarom juig hulle nie daaroor nie, jy kan nie se hulle is gevoelloos nie want hulle is mens, hulle was ook klein, is dit omdat hulle seer gekry het toe hulle klein was en nou wil hulle van hulle woede ontslae raak, hoekom.

Die ander dag het ek ‘n siening gekry oor hoe wreed die wereld van ons is, ons het na ‘n plek toe gegaan waar hartseer vreugde is, ondankbaarheid gelukkigheid word, en haat liefde, ‘n kind roep na ‘n ma en pa, en hoop dat eendag in sy lewe iemand sy roepstem sal hoor en hom weg vat, en veilig kan laat voel. Kinder's wat nie kan praat, sien of loop nie. Gelukkig kan ek myself gerus stel dat hulle na ‘n paradys toe gaan beter as enige plek op aarde, want geen woord of doening van hul sal ooit sleg wees nie, want daar is geen!

En toe die volgende oomblik kyk ek af in ‘n engel se oe, en voel ‘n rus oor my hart, daar sit sy met haar groot bruin oe en kyk vir my ‘n baba kind, maar in haar oe was daar iets anders so baie liefde wat sy het om te gee, haar bene is van haar af weg geneem maar tog is sy gerus, dit voel asof sy iets weet, en dit los my net om te wonder weet sy al wat in die toekoms met haar gaan gebeur, jou naam pragtig is naio wat beteken wonderwerk, want dit is presies wat jy is!

En dan is daar ou mienkie, die persoon wat haar moes besorg met vreugde en liefde, wat haar toevlug moes gee en veilig hou, het in haar lewe vrees en haat gebring, as haar ligte af gaan hoor sy die voetstappe kom sy begin bid want sy weet wat kom en dit is nie ‘n nag soen nie, sy le in haar bed alleen, koud en kwaad vir die lewe want hierdie jong meisie sal vir altyd wil weet wat sy so verkeerd gedoen het om nooit te kan weet wat ware liefde sal wees nie, want sy sal nooit toelaat dat enige iemand haar weer seer maak nie, dit als as gevolg van haar pa, deur hom moet sy nou om haar lewe veg om te aanvaar dat sy ‘n ongeneesbare siekte het.

‘n droom wat ek vir julle kinders het is dat God julle kan kom haal, dat julle ‘n oorvloed van liefde en vreugde van hom sal onvang, dat daar nooit weer ‘n oomblik van vrees of haat in julle lewens kan wees nie, want julle is kinders van God en julle verdien net die beste van hom af.

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
this is when i went to an orphanage
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success