'Find Such Fun 03/10/09 Poem by Margaret Alice

'Find Such Fun 03/10/09

Rating: 2.8


When things are going well, I forget man-
kind’s sufferings, but then we race through
the land in hubby’s big new car, eating junk
so that I grab the psalmbook to find refuge
against the arrows of allergic evil

Start reading Psalm 38 as rhymed in Afrikaans
by a Revisionist Commission in 1936 and find
such fun in the sufferings of a fellow allergy-
sufferer who seems to have a hangover also,
making me laugh, thus I feel better again!

The Psalm and Hymn Book published by the Dutch
Reformed Church,1958; Psalm 38 pp.75-78


***************************************************

Vreugdestem

Wanneer dit goed gaan, vergeet ek van
ellende en kranklikhede en dwarrel al te
vrolik in die wêreld rond, doodgelukkig
met al die peste en plae wat die mens-
dom vertoorn

Dan spring ons in manlief se groot, blink
mouterkar en jaag soos besetenes deur
die land, eet alles wat my arme sisteem
nie kan verteer nie, kreunend ervaar die
uwe dan weer die saligmakende lyding
van chemiese wanbalans

En gryp na die Psalm en Gesangeboek
om die pyle van die bose af te weer, lees
Psalm 38 deur ‘n mede-allergielyer geskryf
vers 5: Al my kwale en my plae wek mishae
(en hoe!) vers 6: In my lende is ontsteking
en verbreking, niks is heel meer aan my

Maar by vers 7 lag ek al weer: In my hart
se afgrond ruis dit, aaklig bruis dit, daarom
brul ek in verdriet – dit is ‘n beskrywing van
iemand wat brul van babbelaas, vers 10 is
net so snaaks: Ver van my uit diep mishae
vir my plae het my vriende weggegaan, selfs
verwante wil nie bly nie naby my nie

Dit was woes, almal het lekker en lank gekuier,
vers 9: Ag hoe skud my hart en bewe, uitgelewe
is my krag en opgeteer, oë gans en al ontluister
skemerduister sien geen daglig amper meer; in
‘n ommesientjie sing ek nou ‘n ander deuntjie,
vers 17: Hoor die vreugdestem van ‘n lyder

O Bevryder, ek bely my sonde onomwonde - voel
nou klopdisselboom, gereed vir nog meer pret!

Die Berymde Psalms en Evangeliese Gesange
van NG Kerk-Uitgewers,1958; Psalm 38, pp.75-78

COMMENTS OF THE POEM
Sylvia Frances Chan 24 July 2023

Great message to be read in Die Berymde Psalms en Evangeliese Gesange van NG Kerk-Uitgewers,1958; Psalm 38, pp.75-78. Amazing information to be found in the Church's Songbook. This is a brilliant message to be shared, Margaret

0 0 Reply
Melvina Germain 07 July 2015

Finding a place that's makes one feel good, such a wonderful message to share.....

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success