Ek Is Lief Vir Jou Poem by Marien Jacobs

Ek Is Lief Vir Jou

Rating: 5.0


'Ek is lief vir jou'.
Donker, leë woorde, sonder betekenis of gevoel,
In die lug gespreek – te swewe, sonder teiken of doel.
Dit voor jy skielik net iewers in die niet verdwyn,
Terwyl drome oor more in die stikke donker wegkwyn.

'Ek mis jou'.
Ek beweeg voort – tree vir tree soos dit kom.
My gedagtes een warboel, my lippe geseël, stom.
My oë strak, toegesluier vir 'n toekoms saam met jou,
Dít, terwyl dag vir dag meer vrae my gedagtes omvou.
|
'Ek is lief vir jou'.
Jy sê jy is lief vir my,
Maar ek erken die speel van jou spel,
Want dis jou oë wat die leuen vertel.
Nou besef ek dis toe reeds alles verby,
Van die eerste dag toe jy my begin vermy.

'Ek is lief vir jou'.
Vrae onbeantwoord, vrae wat niemand verstaan,
In 'n lewe waar trane my toekoms vir my baan.
Trane in herhinnering aan wat nog als kon wees,
Was dit net nie vir die waarwording van my grootste vrees.

'Ek mis jou'.
Die vrees dat jy van my vergeet en sommer eenkant toe skuif,
En dit terwyl die spykers van verlange na jou in my siel in dryf.
Met die vraag of ek ooit weer sal kan liefhe soos vir jou,
En of my binneste ooit weer die liefde van 'n ander sal kan vertrou.

'Ek is lief vir jou'.
My hart bly leeg, stukkend en seer,
In my gemoed bly die vrae maal keer op keer.
As ek net kon weet 'wat en waarom'?
Maar die slang van stilte bly suil om en om.

(2005)

COMMENTS OF THE POEM
Francois Hoon 30 December 2009

Wow! Amazing poem Marien! ! ! As I said before, you definately have the gift for writing in Afrikaans, so you should keep on doing it, even if you also write more in English. Through this poem you vividly and effectively illustrate the emotions that were felt, and the imagery is really striking! Well done!

1 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success