'N Woord Van God Aan Sy Kind Poem by Marien Jacobs

'N Woord Van God Aan Sy Kind

Wees stil en weet Ek is Heer,
En Ek gee jou krag as jy op My wag;
En niks in die heelal sal My kan keer,
Want Ek is God, en aan My behoort alle mag.

Gee dan aan My alle eer,
En op My kan jy vertrou,
Selfs al kan jy nie meer in tye van seer,
Weet dat jy steeds op My, die Rots kan bou!

En al kom die tyd van jou donkerste nag,
Sal Ek jou optel, al het jy nie gevra,
En in die nuwe dag sal jy weer kan lag,
Want jy sal weet, jou God het jou gedra.

Want jy is en bly my kind,
En al sou jy ook weer wegdwaal
Sal Ek jou soek tot Ek jou vind,
En jou terugdra na My kraal.

Want vir My sal jy kosbaar bly
En Ek sal jou nooit verlaat of begewe;
Van die bande van satan wil ek jou bevry;
en die eindpunt waarna jy moet strewe
is om ín My vir ewig te lewe.

(2002)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success