[afrikaans] Onbeskryflik Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Onbeskryflik

Rating: 5.0


dis 'n vreemde gevoel
'n onbeskryflike woordelose gewroeg
om te probeer verduidelik.

dis asof my hart 'n vlieg in 'n spinneweb is
asof my lyf protes lewer
asof die lug uit my longe peul in opstand

dit gebeur elke keer
wanneer ek probeer om te verduidleik
van my liefde
my passie (obsessie)
met my siels land.
hier waar daar 'n holte is vir my voet.
hierdie Afrika
hierdie besonderse plek

hierdie vervloekte en geseende land
hoe sal my lyf en siel jou ooit kan verlaat?

COMMENTS OF THE POEM
Louisa De Lange 03 March 2009

Dis ongelooflik dat iemand so jong so groot liefde het vir hierdie land van ons, stunning

0 0 Reply
Jessy Kemp 02 March 2009

Absolutely stunning, My home language is Afrikaans but there is no way in Hell that I can express myself the way you do in your poem. Loved it,10++++++

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success