vir almal het ek al gedigte geskryf
vir die wat ek mis
vir die wat ek ken
vir die wat ek eendag hoop om te ken
die wat my hart gebreek het
gevang het
teruggegee het
en selfs weggegee het
maar vir jou my lief
wat sal ek skryf oor jou?
skryf ek oor jou oë
jou arms
jou glimlag
jou drukkies of jou soene?
skyf ek oor jou deernis
skryf ek 'n limmeriek
of 'n diep Breyten Breytenbach vers?
of...
skryf ek 'n kaalvoet gedig
'n vrye vers
vir iemand só vry
is dit seker gepas
sal jy daarvan hou of sal jy lag?
sal jy gevlei voel of...
sal jy dalk nie verstaan nie?
'n vrye vers, 'n kaalvoetgedig
'n gedig op vrye voet
'n vers op die vlerke van 'n voël
.... net vir jou my lief
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
dis 'n mooi gedigte, baie mooi