(fragment)
die sterre vat jou hart
want die sterre is vir jou nie bietjie honger nie!
die sterre verruil jou hart vir 'n ster se hart
die sterre vat jou hart en voer jou 'n ster se hart
dan word jy nooit weer honger nie
want die sterre sê: ‘Tsau! Tsau!'
en die boesmans sê die sterre vervloek die springbok se oë
die sterre sê: ‘Tsau!' hulle sê: ‘Tsau! Tsau!'
hulle vloek die springbok se oë
ek het groot geword luisterend na die sterre
die sterre sê: ‘Tsau! Tsau!'
dis altyd somer wanneer jy die sterre hoor Tsau-sê
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem