ek stap na buite...
die “lief-vir-jou” druppels
plas neer op die warmgebakte aarde...
en op my,
herinneringe na jou
ruk aan my binneste soos
die wind ruk aan die vensters
van my hart
dit ruk die verlange na jou oop
die vensters klap weerloos –
weerloos teen die wind en
teen jou liefde
Die wind gaan lê en sag val
die druppels teen die ruit
en teen my
Die sagte reën en die stilte
wat dit in my siel bring
oorweldig my... die
vloedgolf van verlange
bedek my, spoel oor my
en ruk aan my siel...
dit ruk aan my.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Afrikaans en Lief-vir-jou-druppels - dit is wonderskoon, 'Wat word van die meisie wat altyd alleen bly? Sy hoor nie meer die koms van die jagters nie, die stem van die storieverteller is dood'... maar van vandag af hoor sy die stem van Pablo wat rym in Afrikaans en die taal laat dans! In verrukking, Margaret Alice.