Daai Aand Op Die Cape Flats Poem by Fernando Gertse

Daai Aand Op Die Cape Flats

Jy het altyd getuig...
jy is my ma se kind
en ôs sal vir meka doodgaan,
ma wa het djy jouself bevind
toe hulle my moer en point met n gun?


Ek het gestaan en kyk,
maybe wasit die darkness
en ek maak n mistake,
ma ek se dankie vir die hemelse vader,
die gun was empty of fake,


Nou sê ek jy's die straat se kind,
jou liefde soek ek nie mee nie
jou hande is mos afgekap,
jy kon nie n hand lee nie


Jy is die straat se kind
en nie my ma se kind,
jou bloed vloei in n different lyn
en ek wiet as trouble kom
dan sal jy verdwyn,


Ek is n survivor
ek march nou allien,
ek is my ma se kind,
ek sal my survival vind,


My vader was da,
en ek wiet ons altwee
het n meeting wat da boe vir ons wag,
n afspraak metie skepper
op my laaste dag.

Daai Aand Op Die Cape Flats
Tuesday, March 28, 2017
Topic(s) of this poem: poem
POET'S NOTES ABOUT THE POEM
[Opgedra aan Berto Afaldus n 29 jarige man wat die dood twee keer op die Kaapse vlakte vrygespring het, luidens gesprekke was die wapen vol koeëls daardie aand, wonderbaarlik gebeur dit so dat die wapen wou nie afgaan nie. Niemand weet hoekom nie, Die kosyn was inderdaad vol koeëls en die sneller was 4 keer getrek.Sy vriend het weggehardloop dis hoekom hy sê ''Jy is die straat se kind, en nie my ma se kind.''
In tye soos die, is jy net op die straat om weg te hardloop, jy is nie daar om my by te staan nie.Ons is dan ook twee bendes op ons eie.Vandag is Berto Afaldus n ''Motivational Speaker'' vir die jeug] by
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success