Charl-Pierre Naudé

Charl-Pierre Naudé Poems

My girl is facing her image in the mirrror.
With the faintest trace
of concern the one gazes at the other.
...

The man who had seen Livingstone was now virtually blind.
When was it the Englishman trudged into Africa -
the 1850s, 1860s? He and his troupe, their mosquito nets
and their trunks, the great explorer dead
...

Vampires in Malawi, the newspaper reports.
Even the president issues a statement:
"Show me a vampire, and I'll lock him up!"
But who needs proof, if corpses prove everything?
...

That week several sightings of flying saucers were reported,
and auroras of the invisible universe.
I was in my car, and passed an unusual religious ritual
while rain poured down on a fractured dusk.
...

A couple of years back I spent a weekend
on a deserted farm, in northeast Mpumalanga.
The world's highest count of vertical lightning,
they say, occurs in this region.
...

Time
is the name we give
to those who had walked
on wet cement
in the past,
...

The sky abounds with a-priori doves.
Wherever they go,
they've already been.
The day is like a dream
...

During untypical weather on the highveld

A snow flake settled
on my eye lid -
and the glare stares back
...

(or, A Concise History of Colonisation)


Giving a name to something
is to breath life into it.
...

"I know the feeling," my friend chuckled,
going through a divorce.
"But bring those midlife woods
...

The former SADF soldier is a mercenary these days
and thus well-equipped, in a manner of speaking,
to approach the same issue from opposite sides.
...

Miskien, toentertyd,
was daar tafels gedek
by Stonehenge:
...

- Midlands, of Natal, or elsewhere for that matter


Ruminating on God
one perhaps should forget
...

In parables
man calls his world into being
expanding first
within himself
...

A breeze flows across the seaside town
and a crush in the northwest
herds the grazing clouds.
...

Is dit waar ons nou is? Hiér,
reg langs mekaar, en tog so ver uiteen;
twee liefdesvoëltjies wat na mekaar toe vlieg
in 'n transmissie waarvan die sein verbrokkel
tot vier liefdesvoëltjies - en verder opbreek - 'n hele sardientjieloop
wat nimmer die ander se strand sal haal nie.

Ek is teen die liefde, die hele storie van vermenigvuldiging:
Die Vatikaan se mooibroodjiesbakkery,
sowel as die viswinkel langsaan.

Jou opgeprikte borsies flous my nie,
jy't maar net jou pantser uitgeklop.
Die metafore is soldate, die gebare almal draagbare,
en jy's 'n baboesjka-poppie
gevul met napoleons wat net al hoe kleiner word.
Stroop die vredemakers kaalgat en gooi hulle by die vensters uit,
Paasbolletjie-kant eerste! Die middelgrond traak my nie meer nie.
Kom ons breek op, laat ons die atoom kloof;
dít sal ons minstens nie in die steek laat nie, tot in die oneindigheid.
Ons soet woordjies? Dié het suur geword -
die giftige kersiekoekies van 'n versaakte voodoo-ritueel.
Al goeie hiervan is om te sien hoe die beraders
en priesters op die vlug slaan,
daardie swart poue in hul nuttelose sandale.
Ek is teen die liefde. Laat die kontinente uitmekaar dryf.
'n Nuwe wêreld maak. Nuwe ontdekkers.
'n Ander godsdiens.

Ek is teen sin. Ek is teen onsin ook.
Nou die dag nog is 'n vark se vrug
met 'n menslike spermsel gekruis.
Ek's heeltemal daar voor.
Dankie meneer meisiedemone,
mevrou kolonel vlieënde vis,
vir paddas reën op die buikspreker,
dat jy die goëlaar só moes vasketting
aan die boord se hangende lemoene;

en die gilspoke wat die Trappis gery het,
jy kan nooit 'n nagmerrie vertrou nie.
Nou moet ek weer voor begin -
was dit nodig om my Drie Apies te steel?

Poplappie Zeus, Moedertjie Son,
jy was my Pantheon gefotostateer
en deur die wind tot lewe gewaai;
nou flapper die verinneweerde tempel
die ene vlêrmuise.

Wat het van ons geword? Waar is die herinneringe?
Ons is aan mekaar se kele soos arende,
verstar in 'n opgediepte familiewapen.

Dit word somer op die hoëveld, waar ons albei woon.
Hulle noem hierdie streek die Wieg van die Mensdom,
waar die eerste mens-ape rondgeloop het.
Die geraamtes van die oertiere lê weggepak
in die kalksteen soos virtuele vleuelklaviere.
Nog 'n jaar verstryk. Die naakte savanne sing. En die weerlig flits
soos my rekenaarskerm - wat dié dokument nou bêre.
Skarrelende makelaars van die jong republiek verbeel nuwe markte
en vergruis met hulle rondgetrap die oeroue skedels.
Maar terwyl alles weer begin lewe, het ons liefde gesterf.
Kyk, tarentale kom wikkel-wikkel uit die gras in hul tjalies van grafiet.
Hulle is die poue, die donsvuurwerke, van lank, lank gelede -
wat verdof het op die retinas van ons twee se lyke.

Liefde: die verborge kategorieë,
die beskilderde deure van die heuningkatakombes.
En nou dít. Verdomp. Fokkit. Vervolging.

Tyd: 'n klip versteende aarbeie,
die piekniekmandjie wat deur 'n bobbejaan gesteel is
naby Sterkfontein Grot,
en die vermiste paartjie.
Ja dít. Móér.

Ons slaap nou op die bodem van 'n see.
Ons gesigte kyk in teenoorgestelde rigtings,
twee profiele op afsonderlike munte.
Ons hare wat kon lig op die briesie van die oomblik,
lê nou geslaan in die wind van die ewigheid.
Ons is 'n verlore skat.
Die skip het in onweer gestrand.

Maar eendag, op 'n mooiweersdag in die verre toekoms
sal twee duikers, 'n ou en 'n meisie,
verliefde skattejagters in die vlak water,
my en jou opnuut daar vind,
met hul splinternuwe lywe
ons weer opdiep
uit hierdie vergete wrak.
...

'n Paar jaar gelede beland ek een naweek
op 'n versaakte plasie, in noordoos Mpumalanga.
In hierdie streek, word gesê, kom die hoogste
frekwensie loodregte weerlig in die wêreld voor.
Die hemelruim verdonker; silwer en karmosyn -
en die pletterklanke begin. Soms slaan 'n hoë boom
in vlamme uit. My vriendin van Berlyn
was saam, ons was verliefdes in dié tyd,
en ver van die huisie toe die storm opsteek.
Sy het verlang na haar eie stad, met sy kleed van droewe as . . .
In die wandeling kon ons voel hoe die lading in ons hare
en in ons klere oplaai, hoe die granietblokke
opstapel, in 'n onsigbare wêreld.
Die grondpaadjie het gekronkel na 'n oop plato,
'n hoë grond
waar die woedende hemele al's doodslaan wat beweeg.
Die gerug, van 'n ou luiperd wat daar rondsluip . . .
Ons hartkloppe was hoorbaar, maar te laat vir omdraai.
Vroeër jare was daar 'n halfweg-hut. Peule het geritsel.
'n Blikkerige getingel, van amulette in die bome.
Verby 'n kopbeentjie wat grinnik op 'n stok.
"Jy weet daar's 'n vloek hier," sê ek; ontsenu, in 'n grap.
En net daar, vries sy: "Ons moet terug!", steek haar arm uit,
die fynhaartjies regop, die wortels wat trek; pluk aan my
en slaan voet in die wind, daardie langbeenmeisie,
'n eksotiese volstruis oor die voorvadergrond
van 'n uitgedelgde Afrika-stam, die swart verskroeide stoppelland
bloedgrond haar rok wat opwaaier soos 'n waansinnige blomkroon,
die kelkie onder wat flits. Ek agterna. Sopnat.
By die huisie

aangekom. Ons kerse het nog gebrand.
Maar die plek was 'n gemors: tafeldoek gesleep,
glase omgestamp, borde op die vloer. 'n Wilde
veldreuk in die vertrek. 'n Wind, dieper huisin.
"Maak alles toe!" skreeu ek. "Gou!" beaam sy.
Haastig sit ons die klinke op en haak die luike toe.
Die reën het swaar uitgesak. Hael en wind. Blitsende
donder. Veilig nou . . . Of nie? Daar het ons staan en drup,
met glimlagte breed soos seilbote wat te water gelaat word.
Toordery . . . in die wegvlug loop jy daarin vas . . .
En dink ek terug, het die onderdak ons nie gespaar nie.
Ons was steeds op voorvadergrond, met al sy grille.
Enige twee minnaars naak saam, is op voorvadergrond.
Die aasdier? . . . dit was ons, die mens, wat bedel om versorging.
En die weerlig?
Die laatmiddag se bliksemskigte -
wat tussen ons gebeur het met ons tuiskoms
op die oopte van die hart, waar geen mens kan wegskuil nie?
Dit was net genade. Bloot genade.
...

(of 'n Beknopte relaas van kolonisasie)


Om 'n naam aan iets te gee,
is om lewe daarin te blaas.

Van al die maniere waarop diere voortplant,
mekaar beskerm en saam oorleef
is dit die gee van 'n naam deur een
aan 'n ander wat die spesie vir ewig
in iets anders verander.

Die gee van name
is die ware oorsprong van die mensdom.
Die begin van die Skepping.
Waarom Darwin verkeerd is.
En hoekom sy kat weggeloop het.

Die gee van name is ook die rede
dat God hemel en aarde binne sewe dae geskape het.
Sewe name in 'n huishouding is meer as genoeg.

'n Daad van liefde, is die gee van 'n naam.
('n Meedoënlose daad
van onderwerping ook, maar dit daar gelaat.)

My ouers het my 'n naam gegee -
'n naam waaroor ek verdeeld voel,
wat spog met 'n koppelteken
en klaarblyklik nie minder verdeeld is in homself nie.

Maar 'n mens moet baie versigtig met jou naam omgaan
want dit behoort nie aan jou nie.
'n Naam is 'n manier waarop ander mense liefhet.

My naam is 'n stingel met blare
gepluk uit die Hugenote-diasporabossie
maar die wortels en die kroon het agtergebly.

Nou weet ek waarom daai ander digter
sy ewe bloemryke naam
in Jan Blom verander het.

Ek was reeds 'n paar maande oud,
die siekerige kaptein van 'n papierbootjie wat water trek,
my voete spartelend in hul sokkies soos stompneuse in 'n hoos,
toe pa besef my naam in die nasionale register is verkeerd.
Verskeie teoriëe bestaan oor waarom daardie ou vlugtelinge
uit Frankryk hul taal so gou verloor het:
Hulle was eintlik 'n Germaanse stam, teen hul sin geskoei en gestrik
in 'n handlanger-taal van die Duiwel wat gewitvoetjie het by die Pous.
Of, gretig om die voëltjietaal van die hemel aan te leer,
was dit louter plesier om aardse gebrabbel af te skud.
Skaars het die stof-engeltjies in die pad gaan lê
of die ou voetslaners vergeet hoe om hul eie name te spel.
'n Mens kan die nuwe wingerd nie vertrou nie,
en ook nie sy Nagmaalbeker nie.

Maar my pa was 'n ingeligte man:
hy sou die probleem vir ewig regstel.
Die setlaars van Afrika doen mos alles verkeerd . . .
Tog, nooit te laat om 'n fout reg te maak nie.
Toe klim hy in sy Willy's Jeep om die honderd myl of so
na die hoofdorp van Oos-Griekwaland aan te durf -
waar hy streeksdokter was en die mense hom
met hoenders en eiers betaal het - deur die vlae sneeu en reën
en verdwaal in die kruipende mis, sy liggaamsdele
wat stuk vir stuk voor sy oë verdwyn, terwyl die Jeep
deur die modderkonfyt kreun op 'n mitiese reis.
Die toegegooide landskap het onophoudelik
onder die skopgraaf van die ruitveër geknipoog,
in die verwisseling van sneeulae op die ruit.
Dit was 'n beginselsaak dié, 'n kwessie van jouself-ken:
Sy seun se naam moet die oorspronklike spelling hê;
nie soos dit nou daar staan, 'n deel daarvan
onder die wawiel vergruis, 'n ander deel net skoonveld.
Nie goed genoeg nie. Tyd vir bestekopname.
Geen halfgebakte naam vir sy spruit nie.
Tyd vir geheue, nou. Vir liefde om betoon te word
op die behoorlike manier. Hy was dierbaar, my pa.

Maar die poging het misluk.
My naam nog meer verkeerd gespel,
meer Afrikaans, selfs meer verbaster.
Verder van sy wortels, nog verder in die toekoms.
Meer homself as wat enige een kon vermoed.
Die ‘es' van die Franse Charles - soos in Charles Baudelaire
sal ek my verbeel,
nee, om presies te wees Charles Pierre Baudelaire -
was steeds soek en is nooit weer teruggesit nie.
My naam sou net Charl bly.
Eenvoudig, gesinkopeer.
Miskien het die akkedis geskrik en sy stert verloor,
wat toe deur 'n sangoma opgetel en gebottel is.
En die koppelteken van al daai vervelige ou Jean-Pierres,
die piepklein voeghoutjie gemaak om 'n klinker
aan sy opvolgende medeklinker te verbind, dié eindig in my naam.
Dit moes 'n aardbewerasie gewees het
wat die splinterhoutjies en die spaghetti-alfabette
oral in die land so opgeklits het
juis op die moment
toe my pa sy hand in die naamfles steek.

Ja nee, dis nooit anders nie.
Dis presies wat gebeur het:
Dieselfde soort aardskudding het by geleentheid
ook ander belangrike name en gebeurtenisse deurmekaar geskommel.
Kyk wat dit gedoen het aan Genghis Garibaldi,
die man na wie Guy Fawkes vernoem is.
Of die arme Hendrik VIII, ses keer onthoof
deur sy aaklige vrou omdat dit die eerste maal nie
en ook nie die tweede maal gewerk het nie, ensovoorts.
Of die Indiese keiser wat vir sy gestorwe vrou
daardie pragtige mausoleum, die Vatikaanstad, gebou het:
'n mens kan altyd die geslagsdele vertrou
om 'n asembenemende konstruksie op heilige water te laat dryf.
En moenie die Eerste Lateraanse Konsilie vergeet nie,
een van die somberste modeparades van aandrokke ooit
en heeltemal onbelangrik weens die selfontkenning
inherent aan dié bedryf,
waarna menige ongelukkige siel
ontdek het sy het die liggaam van 'n vrou.
Ek het nogal lig daarvan afgekom.

My naam is verkeerd gespel
maar op die regte manier.
Jy hoef dit net te vergelyk
met ander weergawes om te sien dis waar.
Die oorsprong daarvan lê nie
in die verlede nie, maar in die toekoms;
in 'n woordeboek wat nog dryf in die buiteruim,
sy thesaurus reg langsaan - volgens astronome.
'n Jan en 'n Jaap,
twee broedersterrestelsels,
twee drag queens:
'n meisie in dieselfde ontwerp geklee
maar vir 'n ander seisoen.

Die toekoms:
wortels wat in die lug rank;
my naam is 'n boom wat in die grond geduik het.

Daardie koppelteken sit nou
soos 'n pleister oor my neus.
Ek loop weer die kombuis binne.
Ek is 'n klein seuntjie.
Na waar Mamma staan.
Waar sy steeds staan, in die herinnering.
Sy vryf die pleister sodat dit kleef.
Dis ons twee se geheim.
Ons gee albei voor.
Ek het dit toe geniet,
waarom sou ek nie nou nie?

Ons glimlag vir mekaar,
my ma en ek.
Netnou, oor 'n rukkie
sal my pa by die huis wees.
Ek kan nie wag nie.
Hy sal langs my kom hurk,
sy mond tuit en versigtig
die strokie op my neus ondersoek.
Dan sal hy my vra wat verkeerd is.
...

"Ken die gevoel," grinnik my vriend, besig om te skei.
"Maar bring jou ‘donker woud van Dante'
Karoo toe, hier sal jy weer jouself vind
waar die half-woestyn 'n groen vou maak
met sy huidhandskoen binneste buitetoe."
Iets in dié trant, my poëtiese vriend.
Ek luier die vallei af en en ry die dorpie binne,
wat weg lê, op die vloer van 'n prehistoriese see.
Verby 'n ou wa wat sak op sy as.
Die motor se kopligte skyn op 'n wilg,
'n reuse planteluster wat hang in die draai
en pulserend straal: een van die Groot Vyf;
op die memento'tjie van 'n kerk, sy vlermuise
en uile 'n oomblik lank opgeskud - 'n sneeubol.
'n Plek van wortels, waar die horlosies gaan staan het
op 'n vergete dag in die verre verlede.
"Vreemd," sê ek.
My vriend haal sy skouers op:
"Dis maar die uur hier vir mense om na
die horlosie te kyk. Niks is onverklaarbaar nie."
'n Geil kleim vir paleontoloë, vertel die dorpenaars my -
van die rykste rotsbeddings soogdierfossiele ooit,
so oud soos die dinosaurusse. Afgeknotte stukke ou dierasie
losgewrik uit die klip word aanmekaar gehou met hegdraad
en vuurhoutjies sper die kakes oop, in 'n mini-museumpie.
Sê my vriend: "In 'n week's jy weer in een stuk.
G'n wroetende sielkundige vir hierdie dorp nie."
Dae gaan verby. Die sinkdak trek saam, sit uit, smak -
spookdruppels oerreën wat klop in die silwer.
"Gehoor voor my vertrek my oupa is hier gebore," sê ek.
Hy't die vallei vir die eerste keer verlaat toe hy agt was, op 'n ossewa,
nogal oud om op te staan - vir die eerste maal -
uit die seevloer van Gondwanaland.
"Tyd," sê my vriend.
" . . . was 'n ander storie, daai tyd." In elk geval,
nie lank voor daai tyd, of miskien daarna, het die Boere
'n oerstam geelmense hier gejag en uitgewis.
Mens hoef net na die name in die begraafplaas te kyk
om te sien wie nie werklik hier gesterf het nie.
"Wetenskaplikes glo deesdae dat tyd 'n illusie is - 'n konstruk
om die onmoontlike draaglik te maak," sê my vriend:
" . . . Dat die verlede en toekoms gelyktydig gebeur."
"Sou dit dan beteken daai uitgedelgde Boesmans . . .
is vandag steeds met ons?" Ons lek ons vingers. Lam van die Karoo.
"In ons midde. Net heeltemal onsigbaar," (sê my vriend). -
In die townshiphuisies, anderkant die groot skeidslyn . . .
'n Dorp middel deur - soos ek, deur my lewe.
En oombliklik stel ek my die tydlose toneel voor: die breë stofstrate,
gepakte klipmure, doringbos wei, onder voortydse water.
Op hoër grond my oupa, tydloos nou, in diepe gesprek
met die San opperhoof. Ou vrinne, belangstelling: die ewigheid.
Ook ek en my vriend, geen baardsteek ouer, besig om die wêreld
se eerste vis te vang, saam met die chief se dogters, nes eergister.
Die lam en die leeu. Wetenskap, wat die Bybel ontmoet.
Louter paradys. Ek voel sommer "in een stuk"
en slaan nog winderdmedisyne weg: "Sien jou môreoggend."
"Ja," sê my vriend; staan ook op en, asof hy my lees:
"Die fossielmuseum, 'n kraamsorg-eenheid." Ons lag.
'n Vertroostende gedagte, dat almal wat in die vallei
in vergange tye geleef het, steeds met ons in die hede is.
Ek klim in die bed. Die nagte hier is goed vir my.
Dis miskien wat bedoel word met "integrasie van die gees".
Behalwe vir hierdie drome wat ek kry.
Dit kan onmoontlik my eie wees.
...

Die man wat Livingstone gesien het, was feitlik reeds blind.
Hoe lank gelede het hy Afrika ingestrompel - die 1850's, 1860's?
Livingstone en sy geselskap, hul muskietnette
en hul houtkiste, die groot verkenner wat kort daarna sterwe?
Leeftye terug. (Moeilik om sy jare te peil
volgens 'n koerantberig van die vroeë jare sestig.)
Dus is die ou man, wat toe hy kind was, Livingstone gesien het,
op die hande gedra deur sy mense, deur vreemdelinge ook:
'n nasionale kleinood, 'n rondreisende museumstuk.
Sy ululerende stamgenote het hom in 'n omgeboude kruiwa
van dorpie na dorpie gestoot, vooruit en agterna in 'n eindelose
kronkelgang al met die spoor langs in die nou modderpaadjie,
af deur digte bos, van oopte tot oopte, nie sonder ongevalle nie,
vir myle en myle en dae sonder ophou, die ou man wat geduldig
in sy ysterkoppie dobber, oë omgedop, bene ingevou.
Of hy sou in 'n dorpie aankom in 'n sykar vasgebind aan 'n tandemfiets,
wat deur twee getrap word, sy gevolg wat saamdrom en op fluitjies
blaas en toeters druk terwyl ekstatiese dorpelinge die stofstraat vee
vir die aankomende optog, met palmblare en strooibesems.
Soos die dag toe Livingstone self deur die skare
in Londen verwelkom is, stadig op sy pad na Buckinghampaleis.
En die nuuskieriges daar, van heinde en ver, om hul respekte te toon.
Om oopmond te staar na die enigste man nog lewend -
nou kinds van die ouderdom - wat die beroemde pionier
met sy eie oë gesien het op 'n bepaalde môre in 1870
van agter 'n struik, binne hoorafstand van die Groot Water:
hoe hy rigting vra in ruil vir wierook en koper.
Hoe vreemd om te aanskou, 'n deurskynende reisiger,
heeltemal van siel gemaak, 'n mens sonder 'n lyf!
Sy voete word gesoen, die omgedopte lepels van sy ooglede betas
ná 'n fooitjie by die deure van die gemeenskapsaal.
'n Historikus van Europa het gekom om notas te maak:
iewers in dié fossiel skuil 'n eerstehandse ervaring,
'n lewende prentjie, van die grootse Livingstone.
Die kenner het die ou grys kop gekantel soos 'n towerlantern
en diep in sy oë getuur vir die ontwykende geheuebeeld.
In die skadudans van blare wat deur die venster oor sy gesig speel, ja daar:
die avonturier, wat wild beduie; sy draers die pad vorentoe wys.
Die woerende dakwaaier se skaduwee-flits, helder soos daglig:
'n voël wat verby swiep, net toe hy uitvra oor die Waterval.
Die oue was nou vinnig aan die kwyn, honderd-en-twintig jaar oud.
Al van hom nog oor, was daardie prentjie van die pionier.
Is 'n honderd-en-twintig jaar oue
dan nie 'n pionier nie?
Op 'n draagbaar het hulle hom uitgedra, een man voor
en een man agter, en hom langs sy houtkis neergesit.
Nie die einde van die reis nie, net 'n blaaskans vir die draers . . .
En so het hy Livingstone, selfs Marco Polo geword,
'n adellike op sy draagstoel oor die verste voorpos
die Oneindige in, 'n ontdekker
van die suiwerste water.
...

Charl-Pierre Naudé Biography

Charl-Pierre Naudé is a poet, prose writer and essayist, and lives in Johannesburg, South Africa. He has published three volumes of poetry in Afrikaans, one in English, and a second English volume is underway. His first novel will appear shortly. Naudé has worked as a journalist, editor, freelance literary critic and book reviewer. He has published in notable magazines in the Netherlands and in South Africa. In Germany some of his latest work has appeared in Schreibheft 84. He has often read at international festivals. In 2014 he lived in Berlin on the Artists-in-Berlin Program of the DAAD.)

The Best Poem Of Charl-Pierre Naudé

Athena's breastplate

My girl is facing her image in the mirrror.
With the faintest trace
of concern the one gazes at the other.

The two of them were born
at the same time
and in the selfsame place.

And since then

these sisters have been reaching out
to the other by hand,
across the unstirable silicon river
which separates them for ever.

They stare one another down.
Each is the other's play doll
from childhood -
and on the birthday
of every new day
each gets delivered to the other
in an identical carton.

This mirror image of something,
this replica-striving-for-zero-difference,
is what allows for the "natural" to flow
into what is super- or un-
natural, or simply unusual.

Metastasis - otherwise seen
a Siamese twin -

doesn't differ much
from the second chamber of the House of Representatives;

or the disaffiliated state;

and that burlesque notion
called evil is nothing
but a fairground looking glass
playing grotesque.

Then still you have to arrive
at that point of shrewd doubling-by-default
known as the soul,

comparable to an life-support lung,
or being seated on a tricycle.

Every day my girl gathers these shimmerings
which she sees
as her personal canopy of stars,
in her feminine basket -
her dressing mirror.

Under a summer tree
two boys are collecting berries;
the one arranges his compilation
into a visage, the other's depiction
resembles the corrals of a sheep farm.

Imagine:
One can pick the selfsame far-off fruit
- tiny oranges by the sea, tiny
oranges in the hinterland -
in the molecule orchards
of either Jesus's cloak or
the turban of Mohammed.

No joke, one can go out
and do the plucking
for such breathtaking,
widely distinguishable bouquets
recognisable as "words",

as things

or thought constructs.

Drifting in
on the wind from outside
is a drum solo
that comes to within earshot.
It's a pointillist draft
on the tympanum,
a delineation that wrings
into something seen, and from there
it becomes a mental conception;

viewed from one angle:
a palace built of knobkerries;
and differently: a heavenly spread
of teeming, hardheaded demigods.

I turn my sights to the nocturnal expanse
and I swing my sickle for a harvest:
stars cascade with a crackle
into my
concave crucible;
like atoms that in their small turn
would whirl together alchemically
in systems.

Then I sweep the blinding specks
into a small heap and whack them
into artifact like an iron monger.
The tinkling sound
of an earthly roof takes shape
from the surrounding chaos
in which time travel and space mechanics
reach equal
to myth and the faiths.

My oneday species and I
remind one another
of the other like swarming mosquitoes.
Abuzz we are beneath
the breastplate of Athena.

She left it here on her rivergrass patch
beneath the trees,
a short while ago
when she went inside for a nap.

And thus we remain
(amid countless tiny bustling facts),
a tribute to a mould
of the breathing deities.

Charl-Pierre Naudé Comments

Charl-Pierre Naudé Popularity

Charl-Pierre Naudé Popularity

Close
Error Success