X. Legkaart Liefde Poem by YURI DURAAN

X. Legkaart Liefde

Rating: 5.0

Elke oomblik saam met
jou is soos 'n stuk van
'n legkaart...

baie stukke blou
baie stukke gras
klein stukkies hemel
vir elke keer wat ons saam was

te veel stukke om te tel
te veel om te bou
te min stukke saamwees
om aan vas te klou

Hierdie legkaart is nog
ver van klaar
nog nie genoeg om te onthou
maar kyk hier in die hoek, Baby,
ons het reeds
die son gebou.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success