my liefdeswoorde raak yler as die geluid van sering Poem by Antjie Krog

my liefdeswoorde raak yler as die geluid van sering

my liefdeswoorde raak yler as die geluid van sering
my taal twisserig
verbyster en verteder voel ek my deur jou verbete vegtery

jy hou my vas nog altyd soos niemand nie
jy kies my kant nog altyd soos niemand nie
teen jou borskas belieg en bely ek
jy jag my elke gebaar
jy haal my oral in
jy trek my neer tussen bos en gras
in die voetpad keer jy my om
dat ek jou in die oë moet kyk
jy skop my in die eiers
jy ratel my aan die nekvel
jy hou my, piel in die rug, op die straight en narrow

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success