My Liefdesbrief Aan Shelley Poem by Gerhardus Keen

My Liefdesbrief Aan Shelley

Wanneer ek aan jou dink, kan ek nie anders as om te glimlag
Jy is die rede dat ek elke dag met 'n lied in my hart opstaan
Jy het my siening oor die lewe verander
En my weer die moed gegee om aan te gaan

As ek jou net vroeër kon ontmoet
Wie weet waar ons nou sou wees
Jy, met jou lus vir die lewe
En jou onwrikbare vaste geloof

Jy het self deur diep waters gegaan
En is ook deur liefde teleurgestel
Maar jou positiwiteit het my beïndruk
En die feit dat jy kan glimlag, deur al jou pyn

Ek waardeer jou boodskappe
Al gesels ons net soms
Maar jy bly in my gedagtes
Die heel dag en heel nag deur

Jy het my laat vergeet van my seer
En, al verlang ek soms na my eks,
Vind ek dat sy al minder in my gedagtes is
Net die wete dat ek jou weer gaan sien, maak alles die moeite werd

Jy besef nie hoeveel jy vir my beteken nie
En hoe ek wens ek kan jou in my arms neem
Maar jy het ook dinge wat jy eers moet afhandel
En ek sal maar geduldig wag

Ek sou jou graag wou sê hoe ek oor jou voel
Maar ek is bang jy voel nie dieselfde nie
So, ek hou dit maar eers vir myself
Totdat jy jou hart teenoor my oopmaak

Vir eers is ons vriende
En ek sal dit respekteer
Maar ek hoop dit ontwikkel verder
Want ek wil jou ook laat vergeet van al jou seer

© GK1-26-Feb-17

Monday, February 27, 2017
Topic(s) of this poem: soul mates,soul mate,love and life,love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success