Iets Losgeruk In Haar Siel Poem by Johan Fourie

Iets Losgeruk In Haar Siel

......skalks, skaam en skugter glimglag sy
haar oë se wimpers fladder...
...fladder soos die skoenlappers in haar maag
ook...nes ‘n suikerbekkie se vlerke wat stuifmeel versamel
...uit ‘n orgideë se kelk, aan ‘n hoë krans duskant ‘n mistige waterval
al is dit dié gevaarlike plek waar Arende jag is die woorde daar lewensnoodsaaklik

hier vir die eerste keer-, en daarna weer en weer
..kosbare smaragte van woorde
..beslaan met die romanse van laatnag woestyn reise op kamele in die volmaan, op en af oor die drywende duine
en woorde aandra wat ophef en dans en sing teweeg bring
en haar hart bokspring in haar keel
.....soos die lammers doen, so kort voor ‘n donderstorm
en die bloed hammer in haar ore soos hael korrels op ‘n sinkdak

en sag en teer haar blik, en skuldig en skaam steek sy haar glimlag weg,
asof sy oortree een of ander reël en wet
soveel lekker en afwagting vir nog meer woorde
wat streel, verlei en betower en belowe
kan net sonde wees, en die wêreld mag nie weet
maar terwille van die woorde is die hel en verdoemenis goedkoop
dit voed en bestuif haar maagdelike vrug tot rypheid van ‘n oopbars sonryp vy

met handpalms en vingers wat tintel van die senuwee
en kortasem en tong in die kies
sleutel sy ‘n geheime wagwoord en misterieuse naam
te kyk, dalk weer, vir nog iets kosbaar in die mikstok
benoud en amper duiselig na die spanning

ontdek sy nog weereens woorde wat ophef, verlei en inspireer
en diep losgeruk iets in haar siel, ontdek en ontbloot deur die woorde
vloei heimweë, hunkering en verlange gemin-, en bemin te word na vore
woorde beslaan met mirre, en speserye, en kruie
...en kosbare brokaat goue randtjies
....en, en tyd en plek verdwyn in die grootsheid van die heelal ontdek in hierdie oomblik, en op hierdie plek

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success