As Ek 'n Digter Was Poem by Gerhardus Keen

As Ek 'n Digter Was

As ek 'n digter was,
Het ek jou skoonheid besing
En al die vreugde
Wat jy in my lewe bring.

Ek sou vertel
Van 'n liefde so opreg
En hoeveel ek
Daarvoor sal veg.

Ek sal jou dra
Soos 'n prinses op my hart
En jou probeer beskerm
Van enige smart.

Ons siele is saam gevleg
Vir ewig aanmekaar
Ek het dit
Al lankal ervaar.

'n Skoonheid soos jy
Is moeilik om te kry
Maar in my hart
Sal jy altyd bly.

As ek jou net 'n insig in my gedagtes kon gee
Sou jy sien, jy beteken vir my baie meer
Meer as silwer en meer as goud
Maar die meeste van alles, is ons siele se behoud.

Jy is my beminde en ek wil hoort aan jou
Ek wil jou vir ewig in my arms kan toe vou.
Ek en jy is één siel, uit twee helftes aan mekaar
Saam kan ons die liefde in 'n edel hart bewaar.

My liefde vir jou, is eerlik en opreg
Al wys ek dit nie altyd op die regte manier
Dit is hoekom jy gebring is op my weg
Om my in dwang te hou en op die regte pad te stuur.

© GK1-07-Okt-16

Monday, February 27, 2017
Topic(s) of this poem: love,soul mates
COMMENTS OF THE POEM
Walter Haasbroek 12 August 2022

For a special women in my life, Charlotte Bezuidenhout

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success