A Russian Christmas
Nastarovia kom die roep
Van die ou kasteel se stoep
Met die ysterbeker Vodka hoog
Teen die vaalgrys ysterlug op die
Speirwit Steppe brug
Liggies op die boom brand
Lankal nie meer
Want sulke sterk ikone
Word hier beloon met
Lande sonder bone en
'Scarecrow' polisiemanne sonder tone
Hou die kerstak somber en die oomblik meer
Verstop die Kommu-ore anders kuier Stalin weer
Skuil die krismiskouse agter lap en deur
Maar weet gewis
Die Ster wat bo-op is
Brand flussies ietwat langer
As net hierdie winterson
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Haai, dis treffend, gee asseblief die agtergrond vir die gedig, hoekom die Russiese tema - en die mengsel van Russies-Afrikaans het my nog altyd diep getref. Rusland het tot hulp gestuur aan die Transvaal toe pres. Paul Kruger oorlog verklaar het - en my hart was nog maar altyd deur alles Russies betower. Mensig, maar dis lekker om op Afrikaanse gedigte af te kom! Hou aan met skryf - doe zo voort - moedertaal, o soetste taal, dit laat my hart sommer warm klop! Vriendelike groete, Margaret.