[afrikaans] Teetyd Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Teetyd

maak tee van my hart
week hom sagkens in
lou warm water
van teleurstelling

roer lepeltjie vir lepeltjie
se selfverwyt in
met 'n splertsie onkunde

geniet my liefdes tee
met die soete smaak
van verloor
dan weet jy
jy het my lief gehad

jy het my lief gehad
en verloor
in die kronkeldraaie van jou en my

Lola Sanchez 06/09

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success