OPPIE PARARA Poem by Adam Small

OPPIE PARARA



Please mêrim
kamaan smile
kyk net
ons tentjies is vol happiness gapaail!

ag hoe lyk die mêrim dan so suur
foei foei
is die lewe dan asyn
en waar koep die mêrim dit
lyk's nogal boenop duur

nai, mêrim
toe, toe smile
kyk daar
ons tentjies is vol happiness gapaail!

Die witvrou kannie lag
en sy beveel:
ek wil niks hê nie,
die koelie streng-formeel

Ma' mêrim, pô-pô, pô-pô en banana
en juicy drywe yt die hartjie van die Kanaän
of hoe fancy die mêrim so 'n vy
kyk net hoe uitgaswel is hy
van bo tot onner ytgady
moenie blush nie mêrim
ons het die blaar daarby
of miskien

Ek wil niks hê nie hoor!

Ma' mêrim

Ek wil niks hê nie hoor!

Ma' mêrim

Jou, jou koelie
ek sal nóú die polisie!

Die vrugtevent se stem trek agterna
polisie, polisie?
ag nai mêrim, moet nou nie so spiteful wies nie
sê tog decently goodbye
raai
die kaalgat perskes blow nog vi' mêrim

Die blanke vrou stáp
oor die parade
klipitie-klap klipitie-klap

Haai mêrim haai
sure mêrim wil nie try onse guavas
ons guarantee hulle mêrim
hulle's baie goed vi' die nerves!

COMMENTS OF THE POEM
Be the first one to comment on this poem!
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success