GROOT KRISMISGABET Poem by Adam Small

Adam Small

Adam Small

follow poet
Adam Small
follow poet

GROOT KRISMISGABET

Here
nou weer lowe ons djou
djy wat gakom het vi' die redding van die wêreld
djy wat gabore is soveel Krismisse galede
in die Betlehem

dja in die Betlehem Here
in die stal
by die donkie
by die koei
in die krip
op die grondvloer
op die sandvloer Here
in 'n plek wat gastink het
in 'n plek waar 'n men's naar gaword het van die badompagheit

ons ken sulke plekke Here
dja ons ken hulle
on het duplicates van hulle allover
in die Windermere
in die Distrik Ses
in die Blouvlei hierso annerkant die Wynberg by die Ratreat

en daarom lowe ons djou oek hierie Krsmis Here
net djý
net djý wat die grootste experience van almal het
van hierie soorte plekke
net djý kan ons help

net djý kan vi' ons
miskien nog hierie Krsmis Here
'n nuwe Mosas lat gabore word hier

'n nuwe Mosas
'n nuwe Mosas
o Here, óns Mosas -
ons sal hom wegstiek Here, ons het baie wegstiekplekke
van die daggers wat nie van hom hou nie -
om ons te lei, die hele klomp van ons
te lei tot vlak voor die wingerde van die Kanaän
van die Kanaän Here
Here, ons Kanaän

COMMENTS OF THE POEM
Be the first one to comment on this poem!
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Adam Small

Adam Small

follow poet
Adam Small
follow poet
Close
Error Success