Waaroor Gaan Alles? Poem by Michael Knight

Waaroor Gaan Alles?



Vandag voel ek beter, maar die vraag in my kop bly steeds vashaak
Waaroor gaan alles, werk toe huistoe, werk toe huistoe
Naweek, langnaweek, werk toe huistoe
Miskien het hierdie week nuwe uitdagings?

Maak nie saak wat mens doen en hoe bang mens is vir die uitdagings nie
Snaaks genoeg werk dit maar tog altyd uit,
Moenie bang wees nie moenie vrees nie – dit hou jou net terug
Doen net wat jy doen so goed jy kan en as jy weer kyk is daardie taak ook verrig

Maar die vraag bly staan waaroor dit alles gaan
Hierdie warwoel hierdie gejaag – die onnidige bekommernisse en vrese
Net om op een of ander stadium tot jou einde te kom
Is dit die moeite werd?

Die antwoord op my vraag is ook seker van selfsprekend indien ek ‘n ware Christen is
Ewige lewe………… en al daardie voordele
Wat is die ewige lewe?
Gaan dit nie ook net weer ‘n roetine wees

Wat van die hel? Gaan dit nie dalk meer uitdagend wees nie…….
Ek belowe ek wil nie soontoe gaan nie
Ek wonder maar net – is dit al waaroor alles gaan?
Herhaling herhaling herhaling

COMMENTS OF THE POEM
Tanya Stanford 20 August 2008

Good question. Wish I knew the answer too. Life does feel pointless at times.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success