Vandag Is Nie Totsiens Nie Poem by Loraine Lotter

Vandag Is Nie Totsiens Nie

“Ek sal jou nooit nie vergeet.”
Dis die woorde deur Ouma gespreek.
Deur ‘n Engel se stem,
wat ons almal sal mis,
maar wat vir altyd in ons harte sal rus.

Elke asem wat ek vat is ‘n asem sonder jou.
Elke treë is een stappie meer.
Dis die moeilikste totsiens wat ‘n mens ooit kan sê,
maar ek weet Ouma’s nou bo by die Heer.

Die waarheid maak seer binne-in,
maar ek weet dis nog net die begin,
want eendag sal kom
wanneer ons weer saam sal wees
en ek dan van die seer sal vergeet.

Ek wens so graag Ouma was nog hier,
sodat ons net nog ‘n keer kon praat,
en saam grappe kon maak,
en ek net jou kleinkind kon wees.

Soos ‘n kind wat haar lewe sou gee,
met haar liefde die seer weg sou vee.
Somtyds hoef dinge nooit op te hou,
want kon môre dan is dit nog ‘n hallo.

In my smart besef ek te laat;
in jou palms het jy my gedra.
Maar al is jy nie hier, ek het jou lief,
en jy bly nogsteeds my Ouma.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success