Struikeling Poem by Cindy Rheeder

Struikeling

Ek's ‘n swakeling, ‘n Struikeling,
My hart versteek - was nood gedwing,
My tranne in die reën gegooi.
Die rante van my hart - Steeds onvoltooid,
Jy is die ridder op die wit perd,
Wat strei teen die hart se wil,
Jy is die een wat my hart vul,
Ek strei teen die beterwetende waarheid,
Want jy sien....
Ek's ‘n swakeling, ‘n struikeling,
Het my hart versteek, want dit is noodgedwing,
Maar hier sit jy met my hart in jou hande,
Sonder moeite het jy ingesluip en dit gesteel,
En alles word nou net te veel.
Ek's ‘n swakeling, ‘n struikeling,
My haer versteek want dit is nood gedwing,
Onerkend bly my hart na jou toe trek,
En vir eens is ek op my eie sterk,
Of so laat jy my weer in myself glo,
Jy is my ridder op ‘n wit perd,
Die een aan wie ek dit nooit sal erken,
Dat my hart wild vir jou klop,
Want ek is ‘n swakeling, ‘n struikeling.

Friday, July 4, 2014
Topic(s) of this poem: Love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success