Siels Lafenis-Watergate In Onse Binne-Kring Poem by Johan Fourie

Siels Lafenis-Watergate In Onse Binne-Kring

liefling mens en reisiger… waar ons mekaar gekry hier by 'n water put, en dadelbome en bome met ryp vye
daai gat waar siele gaan vir vertroosting en sielskos en behalwe vrugte, bome ook skadu gee
…en die boekmerke in onse lewens en anner sin dra ons saam, soos anner ook hul eie saamdra
ons groei migreer, ontdek nuwe alikreukels, vye en dadels opi pad en soet fonteine en soos jy gesê het skulpmos, vir laat paella opi strand
…en ons groet, moet groet anners hoe loop mens en siel dan verder?
verder ok moet ons migreer,
want soos die son 24/7 en die maan in sikluse soos soos die see se golwe kom, so migreer onse siele

…ons dra die boekmerke en prentjies die siele ons lafenis, skadu, dadels en vye gedeel het want ons beitel ons self anners, en daar en wan kry anner ook ’n slag in en ons vloei saam en so maak ons onselwers
my en jou se broodbreek is 24/7 van daai ontmoeting af, daarna is daar van die boekmerke wat vir ons hersingskimme word
…hoe sal-, en kan ons dit vergeet, hulle vergeet, hulle geitigheid vergeet, of hulle verlaat?
…soos die tyd kom kry ons weer daai eienaars van boekmerke by party water gate waar siele versamel opi pad en tydig vertoef
ek wil, sal, gaan, en moet myse fix enlafenis byonse binnekring watergat elke dag gaan kry
nie oor ek daarsonder kan nie… ek wil nie daarsonner… is my wil saam jou te wees, hier teen enby myse sy

ek wil met jou deel 'n boekmerk wat verslete sal word soos Metusalem se jaartalle
maar so gereeld deur die bladsye van onse lewens skuif dat elke nag se misterieuse blink spoor,
gelaat deur dou, en slakke inonse lewenstuin, waar siels lafenis watergate inonsebinne kring is
verfris en hernu sal word voor anner se spore daaroor loop, en ons dit vervang
en myse en jouse boekmerke migreer na dieselfde maan en sonsiklus, en patroon in die wolke, en ek my skatte indie mantel kan neersit voor jouse voet’jies
daar sal min woorde wees, en onnodig wees want die liefde is in ons oë, en vashou en lepel lê

....en daars baie duine uintjies, soetvye, dadels en heuning gevind te word
en meermale as sterre in die namib nag sigbaar is
.....se avonture in die rooi lope van die sand duine
en agter die loop-duine se skuins lê en rûe
wat ontdek moet word
sommige deur my, en dan deur jou- en meeste so saam saam

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success