*..Mamma Ek Kan Nie Meer..* Poem by Jessica Frylinck

*..Mamma Ek Kan Nie Meer..*

Rating: 2.3


Mamma ek kan nie meer nie
die pyn, die seer, die leed, die dreigemente en drank
Mamma ek kan nie meer
waar is die goeie tye
die tye sonder seer
die tye sonder geskree, geen trane
alles het verander Mamma
niks is meer dieselfde nie
alles is donker, alles is seer
my glimlag is weg, jou glimlag is weg
die vrede en vreugde het verdwyn
al wat agter bly is die pyn en hartseer
die trane, die drank, die donker nagte
wat het gebeur, waar is alles heen
gevloek, geskel, geskree en geweld
waar kom dit vandaan, hoekom gebeur dit
hy maak jou seer, hy maak ons seer
dit breek my, ek kan nie meer
Mamma kan jy nie sien nie, hy breek jou
hy maak jou net seer
Mamma hy dryf ons uit mekaar
dit is alles sy skuld, hy veroorsaak alles
die pyn, die leed, die trane
hy het jou hart gevat, verskeur en vertrap
maar jy se dit is liefde, dit is nie
en nou weens hom is jy daar en ek hier
ek sit in die aande en wonder
wonder is jy veilig, wonder of jy nog daar is
wonder of jy my kan hoor, wonder of ek jou weer gan sien
ek soek jou hier by my
Mamma ek kan nie meer

COMMENTS OF THE POEM
Jessica Frylinck 05 March 2010

Awwww! dis 'n beautiful poem my maiq! !

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success