Leeg Poem by Pablo Loves Life

Leeg

Kan jy leeg beskryf?
Dolleeg, of net leeg –
bottelonderstebo leeg
...of ‘n lap wat uitgedruk word
elke stukkie vog uitgewurg word...
in die soon uitgedroog word

Kan jy leeg beskryf?
Dis om by jou te wees en nie
deur jou aangeraak te word nie
......aanrakingloos
Dis om jou te hoor praat, maar nie
te hoor: “Ek is lief vir jou” nie
......uitdrukkingloos

Kan jy leeg beskryf?
Nee, want JY was nog nooit
sonder jou warmte en liefde nie
het nog nooit net bestaan op die
belofte daarvan nie...

COMMENTS OF THE POEM
Margaret Alice 23 March 2008

Ons het almal al op die belofte van liefde bestaan - sy seker ook - en as mens lank genoeg aan die belofte vashou, en drome droom en visioene optower; dan gebeur wonderwerke; en 'n mooi droom is selfs beter as die werklikheid en stel mens in staat om meer liefde te gee die dag as die regte een verskyn! Ek is meegevoer om intense gevoelens in Afrikaans te lees, dis 'n voorreg om die gedigte hier te ontdek. Baie dankie, Margaret Alice.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success