Kronkelbos Poem by Sylvia Prinsloo

Kronkelbos

KRONKELBOS

Kronkelbos deur die wind
Waar gaan jy heen my aardse kind
Die geur van soet jasmyn
Praat nou oor jou pyn

Sewejaartjies teen ‘n hang
Wat lê voor jou wat maak jou bang
‘n Rapsie agternagekom
Die vrede wat vir jou nou blom

Kamferfoelie leventelblaar
Wat roep jou nader, sien jy daar
‘n Kind se lag, ‘n vrou se traan
Wat is die toestand van jou baan

Lewendig hier voor jou oë
Kan jy dit sien kan jy dit glo
Eers ‘n arm dan ‘n been
Is dit ‘n ramp, is dit ‘n seën


Vêr sien ek ‘n orgideë
Dit staan alleen afgeleë
Wat in sy glorie staan en blom
As jy net bietjie nader kom

Diep stemme uit die kronkelbos
Op jou wang ‘n warm blos
Dan om jou nek ‘n kraal of twee
Duidelik ‘n stom geskree

Hopies vrot ou blare
Lê hier al vir jare
Stilsit en net luister
Hoe hul saggies fluister

Sing my wind sing jou lied
Terwyl doudruppels om jou giet
Op jou lippe blink ‘n lag
Van gister, morê, anderdag







Groot ronde klippe lê net daar
Sien jy mos, is dit waar
Aandse floute skemering
Hier in die kronkelbos se kring

Trap diep jou ringtingspore
Want daar was mos ‘n Kind gebore
En ook so het Hy weer gesterf
Om ons te red uit die verderf

2004
Sylvia

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success