Kleintyd Poem by Loraine Lotter

Kleintyd

Rating: 3.0

Toe ek klein was het ek gehoor
van hisse en 'n ding met 'n lang oor.

Van 'n pop wat op 'n ashoop lê
en 'n kous wat nog 'n maatjies wil hê.

Van 'n olifant wat kan vlieg
en 'n seun van hout wat baie kon lieg.

En wat dan nog van die feëprinses?
Een dom dwergie en al die res.

Van 'n vet oom wat geskenke bring,
'n Meermin wat pragtig kon sing.

Wat nog te sê van 'n spieël wat kan praat?
Rooikappie en die wolf wat haar verskriklik haat.

Maar nou is ek al groot en weet van meer
Ek sal eendag my kinders van die goed leer.

Die boek maak nou toe, maar bly altyd daar
Veilig gebêre, veilig bewaar.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success