Kinders Poem by Francois Hoon

Kinders

Rating: 5.0


Agter élke liewe draai
Sit die kinders en spaai.
Enige mure en deur
Kan húl oë nie keer.
Donderende kabaal
Kan tóg nie
Die ore áf van ons haal.

Met die oë van valke
En tonge van die vuur.
Spoeg hul
Vasgespalke,
Ons liefde teen ‘n muur.

Hulle sig ritsel in die blare.
Hulle gehoor spruit uit
Die wêreld se are.
Hulle tonge vloei met spoed van lig
Ons stand onthul met verterende gul.

Sal hoor en sien tog ooit vergaan
Of is die grootsheid van ons liefde uitgeput gedaan?
Die kernheid ingekeer na mekaar,
Sodat die gesig van die wêreld
Uiteindelik
Wég staar

(2000-07-27)

COMMENTS OF THE POEM
Ella Marien Jacobs 02 January 2010

Afrikaans: -) And you said you don't like writing in afrikaans...wel miskien moet jy nog 'n paar probeer, want d 1 is glad nie sleg nie: -D

0 0 Reply
Madly In Love 12 May 2007

I am not sure what language this is but the words just look beautiful

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Francois Hoon

Francois Hoon

Pretoria, South Africa
Close
Error Success