In U Teenwoordigheid Poem by Amanda Boucher

In U Teenwoordigheid

Heer, in U teenwoordigheid is ons so klein en min
Maar U ag ons die mees belangrikste van alles wat U geskape het
Die wind is soos U asem wat U gebruik om die water te kry waar U dit benodig
Daardie selfde asem het U in ons longe kom blaas sodat ons lewe het
Die son is die instrument wat U gebruik om hitte oor die aarde te bring
Maar ons woorde en hart het U geskep om hitte te gee aan ‘n eensame siel
Die maan en sterre het U geskape om lig in die donker te bring
Maar ons woorde en dade gebruik U om as ‘n lig vir ander te dien
Die diere het U vry en sorgeloos gemaak sodat hulle as voedsel vir ons kan wees
Maar ‘n vriendelike woord en ‘n gelukkige siel is voedsel vir ‘n gebroke hart
Heer, in U teenwoordigheid voel ons klein en min
Maar U het ons baie lief, en dit gee aan die lewe sin
Heer, maak ons dankbaar want uit U Hand ontvang ons alles
Heer, maak ons bereidwillig om vir U te werk
Heer, maak ons voetval lig om U te kan volg
Ontvang ons gebede wat soms sonder woorde is
Ontvang ons verskonings wat soms net in ons gedagtes bly
Ontvang ons trane wat na binne huil
Heer, sonder U is ons minder as niks
Maar U teenwoordigheid lig ons op en maak ons Hemelkinders

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success