. Ek Ken Jou Nie, Maar Ek Ken Jou Soms. Poem by Dewald Viljoen

. Ek Ken Jou Nie, Maar Ek Ken Jou Soms.

Rating: 3.3


Jy ken my nie, maar ek ken jou soms

Jou woorde is my kompas noord
En die seerower kruis op my hartkaart.

Jou verse toor met my gedagtes,
En speel toktokkie met my tong

Jy trap ‘n sandspoor holte op my siel,
net diep genoeg vir ‘n woord om in te lê

Jy is die ongevonde skat
Die onverdiende genade

Ek ken jou nie, maar ek ken jou soms.

COMMENTS OF THE POEM
Jurietta Duraan 08 May 2008

Dewald, dis 'n beautiful gedig (en jou eerste Afrikaanse een! !) 'die seerower kruis op my hart' - - ongelooflik mooi...daar is 'n sekere teerheid wat in Afrikaans weergegee kan word wat jy nie in Engels kry nie - soos die woord 'vrymoedig' - ek het nog nooit 'n presiese Engelse woord gevind wat die bedoeling agter die woord kan vertaal nie... baie mooi. Yuri*

1 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
1 / 30
Dewald Viljoen

Dewald Viljoen

Swakopmund, Namibia
Close
Error Success