Deur Sy Gees Poem by Marien Jacobs

Deur Sy Gees

Kom, lewe nie voort in die vlees,
Maar laat God jou vervul met Sy Gees;
Sonder heiligmaking kan jy God nie sien
En kan jy Hom nie waarlik dien.

Sy Gees gee jou krag om te getuig,
En nie weer voor die wêreld te buig,
Want die Gees maak jou sterk,
En slegs dan kan jy vir God werk.

Want sonder die Gees is jou lewe leeg,
En sal jou woorde en dade te lig weeg,
Teen die einde sal als getoets word deur die Gees
En dan sal al jou dade, soos hooi verbrand wees.

En jy sal dalk gered word soos deur vuur heen
En voor God se troon in skaamte ween,
Omdat jy verwerp het die gawe van sy Gees,
Terwyl jy Sy bevel dwarsdeur Sy Woord lees.

So, wys nie weg die Gees van ons Vader,
Maar laat jy dadelik in gebed tot Hom nader,
En Bid om Sy Heilige Gees gedurig deur,
Terwyl jy vervulling met Homself begeer.

Saam met ons gees, sal Sy Gees ook getuig
Dat ons ons knie net voor God alleen buig,
En die sekerheid dat ons aan God behoort,
Is die Gees se werk; so sê Sy Woord.

Die Gees tree selfs by gebed vir jou in,
Al is jou woorde soms dom en min,
Met onuitspreeklike sugtinge by ons Heer,
Sodat jou gebed vir God word, ‘n lieflike geur.

Hy lei ons op die regte pad voort
En open vir ons God se Woord,
Sodat ons kan verstaan wat God ons wil leer;
Om te word soos Sy Seun al meer en meer.

Kom wandel op die heiligmakings weg,
Want dit alleen is in God se oë reg
En bid en waak
Dat jy nie moeg sal raak,
Want die wandel met hom kan jy weer verloor,
So bid gedurig dat jy Sy stem kan hoor,
En jy nie die Gees bedroef laat stil raak in jou,
Maar jy die seël van Sy werking ewig in jou behou.

Want anders moet jy God van voor af smeek
Om jou te reinig en te kom breek
En aan te gaan met die werking van Sy Gees
Sodat jy vir die vlees weer volkome dood kan wees.

(2004)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success