Dag Of Nag Poem by Unic Cjonr

Dag Of Nag

Deur vensters met krake.
Staar ek harteloos in die ruimte.
Regtig verlore.
Alleen onder die maanlig.
Alleen tweetalig.
Alleen.
Die spieel hang skeef in die gang.
Ek kan myself nie seen nie.
Die spieel is omgedraai.
Dit is nag.
Maar dit is dag.
My oe brand diep in my skedel.
Ek worstel onbepaald met die son.
Dit is die sterre wat my die hulp
aanbied.
Die sterre verstaan die gewig van
my trane.
Dit is dag.
Maar dit is nag.
Die pyn raak te erg.
Die pyn maak my net seer.
Ek kan nie meer voortgaan nie.
Ek wil nie weer agteruit gaan nie.
Maar.
Maar.
Maar.
Sonder jou aan my sy.
Kan ek niks klaarmaak nie.
Die oorlosie teen die muur fluister
saggies.
Met die hand van tyd word ek
gewys.
Dit is al twaalfuur.
Dit is nag.
Maar dit is dag.
Wat maak die tyd saak.
My hart klop te vinnig.
Bloed ontplof diep in my bors.
Kan ek lewendig wees.
Ek begin te twyfel.
Ek mis jou.
Ek is lief vir jou.
Jy is die enigste een wat my dors
les.
Ek is verslaan.
Maar ek doen my beste.
Ek voel soos n dooie hanswors.
Ek staan voor jou graf.
Ek weet nie hoekom nie.
Dit is dag.
Maar dit is nag.
Die probleem is dat ek my naam op
die grafsteen lees.
Oor en oor.
Weer en weer.
My naam kan nie leuens vertel nie.
Ek staar.
Ek staar alleen.
Heeltemal.
Is die werklikheid.
Regtig.
Is ek die gees van ons verlede.
My oe is vol trane.
Dit raak nag.
Maar dit is dag.
Alleen.
Met die donker.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success