Afrikaans: Sterregordels, Stilsonjare, Tydsbroekspypdinge, Haarsliert Poem by Margaret Alice

Afrikaans: Sterregordels, Stilsonjare, Tydsbroekspypdinge, Haarsliert



Sterregordels

Cosmology in Afrikaans is an ode to joy, the
terms form sing-song strings with delightful
sounds “ewigbewegende elektron”
continuously spinning electron

“elektron in die hart van die atoomkorrel”
electron in the centre of the atom particle
- what a song!

“Triljoene Melkwegstelsels waaromheen ons
Melkweg elke tweehonderdmiljoenjaar
wentel – ‘n mallemeule van sterregordels…”

“Dobberende patrone, mesone en elektrone,
'n konfigurasie van konvekse novae”…

- these terms are singing to me!

A merry-go-round of star systems

Quotes from Adriaan Snyman “Die Messias Kode” (The Messiah Code) pp.9,10


Bombardement Van Frekwensies (English Explanation)

Waarmee sal ek hierdie leë oomblikke,
ankerloos, betekenisloos; aan die ewigheid
vasmaak - die gevoelsruimte in my hart

Is leeg, alle gevoel en denke het gesamentlik
in die donker duisternis van my brein ingeval
‘n laserbrein wat die hologramwêreld

Self moet konsituteer uit ‘n bombardement
van betekenislose frekwensies – maar
vandag is die ligstraalfokus uit

My pendulumgedagtes swaai ongefokus rond
die opgerolde, ingevoude ses-en-twintig of
meer dimensies van die virtuele werklikheid

Wil nie vir my oopgaan nie…


All thought and feeling fell into the black hole in my brain and the twenty-six or more rolled-up frequencies of reality does not want to open for me today…


Geloof In Liefde - Faith In Love

Die huis gee my die ritteltits vanaand, die kat
al dwalende, jy slaap alreeds, net ek hang
rond soos ‘n dwalende gees

Met al die simptome van rinnitus, nek stywer as
dié van ‘n Egiptiese mummie, gemoedstemming
swart soos die donkerste nag

Verstikkende verveling - ek is nie meer lus vir
lees nie, selfs die magiese betowering van
kinderverhale is my verlôre

Kyk weer na my gunsteling-DVD, Phantom of the
Opera, die musiek en lirieke sal my weereens
bekoor, Emmy Rossum se klokhelder stem

Sal my allengs meesleur, Gerhard Butler - die
tragiese phantom - sal nuwe drome ontvou, die
wonderbaarlike einde van begrip en vergifnis

Van onvoorwaardelike aanvaarding geskenk aan die
phantom deur ‘n ongelooflik liefdevolle Christine, sal
weereens my geloof in liefde versterk

My inspireer om die illusie van die werklikheid
te transsendeer...

Bored tonight, watching my favourite DVD Phantom of the Opera, the way Christine forgives the Phantom unconditionally will once again inspire me to transcend illusionary reality.


Ivan Rebroff

Ek en Minette sing uit volle bors
ons eie weergawe van Ivan Rebroff:
“Lief Blompies in die Maanskyn” wat
die sanger so mooi kon sing

Koesterende, fluweelsagte basnote
net om dan tot ‘n falsetto op te klim
dit was weergaloos – ons nabootsing
van die Rebroff-lied was uitsonderlik

Terwyl die skoolhoof ons meewarig
betrag - dit was ontoelaatbare gedrag
om op die skooltrappe te praat – maar
toe ons die hoë note jubelend sing

Begin hy te lag – vergeet toe skoon
om ons te betig vir ons lawaaierige
gedrag!


Oorlewing van die Bewussyn

Die klein bietjie lewe wat myne is
stukkie realiteit waaruit ek opstyg
om droomhorisonne te verken

Tussen “Vier mure teen die
Suidewind” voel ek nie tuis nie,
in die grysheid van die realiteit

Bou ek nie my huis nie - as jy kla
ek is ‘n bywoner in my eie huis -
stem ek saam ja, “Die wêreld

Is ons Woning nie”, ek is ‘n pelgrim
op reis na die ewigheid; wat die
wêreld my bied

Is nie die moeite werd nie, slegs
die visioene wat ek snags nog
sien, verskaf hoop

Vir oorlewing van die
bewussyn…


'Ivan Rebroff': We imitated one of his songs in the school passages and the headmaster was so amused by our brilliant rendition of the singer's exceptional voice, he never scolded us as he should have done.

'Oorlewing': I'm a pilgrim on earth and live for the visions I see at night, hoping for the survival of consciousness.]


Jakkalsdraaie Gooi (& English Explanation)

Daar’s niks fout met jakkalsdraaie gooi nie
solank mens die passies net geniet, maar
wanneer verwarring aanhoudend toeneem,
speletjies meer argwaan as afleiding bied

raak dit net ‘n gekke gejaag na wind –
die dag so grou en nat, sonder sprankelende
glinstervreugde omdat ek al weer verkeerd
geleef het, maak my moedeloos raadop

draai my gevoelens op hul kop, maak my
sit en opstaan ‘n syn in sak en as; ek kan
vandag nie weerstand bied nie, slegs een
wete bly: Jy gooi allengs meer jakkalsdraaie

as die meeste ander mense in hul hele leeftyd,
solank as wat jy staan en val by wat jy sê,
elke woord beterweterig verdedig, sal ek net
wysneusig swyg; my slegs verkneukel in

verklarings wat die bekoorlike in goed geplaaste
woorde wil verdoesel en versmoor - gaan maar
voort, vermorsel elke woord, my denke word nie
bepaal deur jou sienings nie

Ek kom tot die gevolgtrekking, jy weet nie
meer wat jy self bedoel of wat jy wil
beheer nie…

(It is fun to run around in circles as long as everone consents, but when the players lose sight of the meaning of the game, it makes no sense and communication comes to an end.)


Te Veel Verbeelding (English Translation)

My kantoor is ‘n slagveld vandag - eers
speel Tiaan met plastiekspeelgoedmanne
gooi hulle in die lug op, nou skop hy my
tafel wyl hy op sy maag lê en lees -
kort-kort wys hy my hoe die papierklamp
die bloedtoevoer afsny na sy hand

Ek lees van Kanada en die Kongo
terwyl hy Harry Potter geniet, my
dokument droog en vervelig terwyl
hy soek na koeldrank – lê nou al op
die tafel en lees; kan hom nie eens
verkwalik nie – hy is bloed van my bloed

Vlees van my vlees; ek lê ook altyd
en lees; hy antwoord my vrae met
dramatiese opmerkings vol sinlose
misterie – nou voel ek hoe andere
my soms ervaar - ek hoop om hom
eendag te help om sy kruis van

Te veel verbeelding te dra…


Too much imagination – Tiaan is visiting my office today, changing it into a war-zone, throwing plastic toys about, kicking my desk and reading while lying on his stomach; I can’t even blame him because that’s what I also do at home, he answers my questions with riddles like I do and I hope to help him channel his imagination one day…

Sterrekundewoordeboekdinge, Lieflikheid, Reptielbreinsindroom, Flirtasie, Stilsonjare

Stilsonjare, Eilanduniversum
Sirkel -van-voortdurende-Onsigbaarheid
Tempoverandering van Horlosiedwaal
met my Astrodeikton vir Sterrenavigasie
en Sterrekatalogus
gaan ek op reis
vind vreugde in
middelpuntvliedende Versnellingkrag
steek die Chandrasekhargrens verby
soekend na ‘n Sterrebeeld
vind vreugde in Byekorfswerm
en Knipoog van Katoognewel
speel met die korpuskelêre Ligteorie
en juig en dans van vreugde wanneer
die ingeboude Siklotron
die subatomiese deeltjies
van my hart versnel...

O Die Liewe Lieflikheid
(Sing op die wysie van 'O die Liewe Martatjie' - Du Lieber Augustin)

O, die liewe lieflikheid, loflikheid, heerlikheid
o, die liewe werklikheid - wat nou gedaan?
Werk van my, droom daarby, pligsgetrou
sal voortbou -
o, die liewe lieflikheid, wat nou gedaan!

Skielik onthou: 'Kersie brand sag en flou
in die stroopblikdeksel nou...'

'O Goedheids Gods' driestemmig gesing,
sopraan, alt en deskant - vir juffrou Malan
soveel jare al my droomweergawe van
Doktor Serfontein - Theunis Krogh
ontdek in standerd twee

Onmiddelik die huis en Blommeland verlaat -
wou nie meer Liewe Heksie wees nie -

In Keurboslaan gaan bly en gedroom
oor 'Jong Doktor Serfontein: Toe Lodi
die Gees op die berg verskyn het...'
saam geluister terwyl Mnr. Schoonbee
op sy viool gespeel het

Vreugdevol saam Tessa uit die Kaap
weggeloop en by die Hoof gaan bly,
Krynauw was my beste vriend, jong
Spaulding was my grootste maat
Helen Bielefeld het

As goudgeklede koningin in my hart
kom woon, ek het wenede saam met
Dian gesing op die Eistedfodd,
saam met Richard gehuil
toe hy saam met

Doktor weggery het, saam
met Josef getreur toe hy sy
pa se nuutste roman in die
vlamme gewerp het in 'n
vreeslike woedebui...

O, die liewe lieflikheid, loflikheid, heerlikheid
o, die liewe werklikheid - wat nou gedaan!


Die reptielbrein-sindroom

Ek lees op oor hoe Atlantis gestig is
deur buiteplanetêre wesens wat toe die land laat sink het
met hul onheilskennis
en hoe groot reptiele eens hul DNA met ons gene gemeng het
en daarom het ons almal 'n reptielbrein –
ek 'figure' net my reptielbrein funksioneer nog
want my hele lewe is net
'n bondel primitiewe angs
en oorlewingsgevegte....
…dis die rede hoekom ek met my nagemaakte mensheid
net helfte van alles doen wat ander mense gewoonlik doen.


Flirtasie

O flikkervergelyker
jy bedwelm my met jou knipoognewel
met skielike blouverheldering
die groenflits van ‘n blouson - gevolg deur
beeldvertroebeling

O aanjaagvuurpyl van pyn
in boegskokangs en breuksonesmart
vernietigende uitbrandingsoomblik

O my koolstofster sonder glans....


Stilsonjare 2000

In onderste verduisteringstydperk
groot die kosmologiese afstand
groot die kosmologiese rooiverskuiwing
wenend in my kraterkuil
o my sekelson
o my sekelmaan se punt...

Kom jul krepuskulêre skemerstrale
vasgevang in dwarsbeweging

O siklotrongeliefde
o versnelde subatomiese hartdeeltjies!
.........................................................................2000

! Tydbroekspypdinge En Superstringe / Down The Trousers of Time

Ek huil emmers vol water omdat
Mr Adorable-Lovable op sy eie
donkerwolk-dooie-aarde-kaasdraak-
ellende-vuur-en-swael-planeet sit
en niks met feëmense en toorkrag
uit te waaie wil hê nie –

Maar ek sweef terselfdertyd op die
wolke omdat Okefenokee-Alligator
vir Shahrazd-Nyl-Krokodil reptiel-
breinvoedsel verskaf - en op mag-
lev-treine rondjaag, al met die
“ley-lines” langs – en omdat

Die multiversum verskeie broekspyp-
alternatiewe bied langs die tydhelling-
broekspyp af! Ek skryf sommer ‘n
Afrikaanse blog om al die tydbroeks-
pypdinge en superstringe bymekaar
te sit, en meer moontlikhede te

Realiseer - hoe gaan dit met die skrywery
met die goeie, kontemplatiewe, kompulsiewe
Mnr-Landdros–Die-Slaaplose en sy
digterlike opwellinge in die nanag,
vroegdag, middag en aand?
Vriendelike groete,


Die Nylkrokodil

Down The Trousers of Time: Crying and laughing a the same time about crocodiles, mag-lev trains and ley-lines down the trousers of time...

Die Haarsliert – The Hairstring*

Hier is ‘n lang haarsliert wat
my aanhoudend kielie, wat
soos ‘n swaard my oog deur-
boor, ek wil guitig daardeur
loer en laat my hare groei

Maar die haarfrustrasie is
haas ondraaglik, my linker-
oog raak blind soos wat die
haarpunt gedurig daarin
steek, hoe op aarde

Hou ander vroue dit? As
dit so aanhou, sal ek
hand aan eie lewe
slaan!

* A string of hair keeps falling into my eye and irritates me to death!

COMMENTS OF THE POEM
Gerhard Knight 19 April 2008

Baie dankie dat jy weer so hele klompie Afrikaansie stukke met ons deel, dis lekker om te lees, en vreeslik mooi!

0 0 Reply
Ivan Donn Carswell 19 March 2008

There is gustatory delight in letting the tongue roll over this smorgasbord of sound...

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success