[afrikaans] Skimme In Die Nag Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Skimme In Die Nag

vergeet my
was jou skoon van my
vee my uit jou hart van harte

onthou die soete musikale note
van wat was
die kleur van ons

maar vergeet my
vergeet my oë
vergeet die band van ons harte

kom ons wees skimme in die nag
wat stil-stil verby mekaar dryf
rustig deur die donker waters
vergeet my
ek sal onthou vir jou part.

COMMENTS OF THE POEM
Rudi Pretorius 04 September 2008

Een woord... awesomenessssss....

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success