(afrikaans) My Hart Klop Nou Vir Jou Poem by Carike Klokow

(afrikaans) My Hart Klop Nou Vir Jou



Het gesoek na jou vir 'n baie lang tyd
het gesmeek vir jou, tot gepleit
het altyd gewonder waar gaan ek jou kry
toe eendag draai jy om en se vir my
Al wat ek wil he is 'n meisie wat my gaan mis
iemand om lief te he, iemand om te kus
dis alles wat ek wil he, net soveel
en net daar het jy my hart gesteel

My lief, dan is ek die een
want vir jou gee ek maanskyn en die reen
enige iets wat jy wil he
my hart is joune, as jy net so se
Ek sal jou lief he dag na dag
want jy sit die sonskyn in my lag
Ek mis jou nou my lief, meer en meer
en hoe ek oor jou voel, kan ek nie meer keer

Al wat ek wil doen is my arms om jou vou
en ek hoop jy onthou
die meisie se hart, behoort nou aan jou!

COMMENTS OF THE POEM
susan 12 February 2020

Did is n baie pragtige gedig.hou aan met die werk

0 0 Reply
Pheko Motaung 20 February 2012

Mooiste gedig wat hier die maand gelees het! Dankie.Ek hou van hier die meestestuk!

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success