(afrikaans) En Ek Is Weer Alleen! Poem by Carike Klokow

(afrikaans) En Ek Is Weer Alleen!

Dis so lekker as ons saam is
maar wanneer jy gaan moet ek weer sus
want elke keer wat jy weer ry,
ruk jy my hart uit, breek jy my
en ek vra myself elke keer
hoekom doen ek dit, dit maak dan so seer

Ek ruik jou op my beddegoed en nou kan ek nie slaap
ek voel nog jou soene, hoor nog jou gaap
Jou vingers streel my rug so sag
ek voel jou langs my hoor jou lag
Die trane tap
my kusssings nat
en ek is weer so alleen

My hart is joune maar hy voel so gebreek
en ek wil weet, wil jou smeek
se my hoe om lief te wees
vir jou hart en jou gees
as ek hier le en so hartseer voel,
My hart is dan vir jou bedoel
maar hoe gee ek my alles
as ek altyd alleen moet staan
hoe gee ek my alles
as jy altyd net weer gaan?

Ek ken jou rug, miskien te goed
en dis 'n klug, ons moet weer groet
so vee die trane van my wang
en se vir my jy gaan my verlang
Die keer maak dit miskien nie so seer
die keer kan ek dit miskien beheer
ek flous myself alweer
jy is daar en ek is weer van vooraf seer
Twee is weer net een
en ek is weer alleen!

COMMENTS OF THE POEM
Johann Viljee 18 May 2019

Stort geen traan by my graf nie Want ek is nie daar nie Ek het nie gesterf nie; Ek het die Ewige Lewe Loof God as jy ook op pad is, Maar as jy twyfel, Stort gee traan by my graf nie; Maak liewer seker ook jy volg my Na die Nuwe Jerusalem

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success