(afrikaans) Dis Alweer Ek! Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Dis Alweer Ek!

Rating: 2.7


So vandag nou lê en worstel ek
Hoekom?
Ek wou jou dan met my alles gehad het
en nou dat jy myne is, nou wonder ek
Is dit regtig liefde wat ek vir jou voel
as ek sê ek's lief vir jou is dit dan wat ek bedoel?
Maar ek mis iets in my lewe
ek mis iets in die hart
en daar's 'n gevoel waarvoor ek strewe
en daai gevoel is definatief nie smart.
Ek is jammer vir wat ek doen, vir wat ek sê
maar ek weet nie meer wat ek wil hê
Voel jy dalk dieselfde of is ek alweer laf
dis alweer my hart wat my so straf
Hoekom is dit altyd ek, wat kop uittrek
Hoekom is ek altyd die een wat dit nie kan laat werk
Hoekom is ek altyd die een wat harte breek
Hoekom is ek so dom, so arrogant, so wreed?

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success