[afrikaans] Al Was Ek Nie Daar Nie Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Al Was Ek Nie Daar Nie



Al was ek nie daar nie
het fyn splinters van die
gebroke spieel
tog in my hart gekruip
Bygeloof se dinges
die ongeluk kom vanself
die skerwe het suutjies
diep in die kelders van
my hartkamers ingekruip
dis waar hul gaan le het
Stilletjies glinster hul soms in die duister

Al was ek nie daar nie
het daar tog flenters
van die trane my maskara gesmeer

Al was ek nie daar nie voel ek steeds die skerwe
van die gebroke glasbak
-wat die verbode vrugte gehou het-
onder my voete

Weet ek dis waar
my hart verstaan nie en
ruk teen my kas van ribbes
maar my half-leeg glas
verstand
hy- nee sy-
weet dis waar

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
1 / 47
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success