'Afr: Taalverskynselpyn - Doodneerslaanglansend Poem by Margaret Alice

'Afr: Taalverskynselpyn - Doodneerslaanglansend

- Daar’s ‘n slang in die gras wanneer die aftuimelkieslys verskyn -

In die vrolike Afrikaanse kuberwoordeboek soek die
Puriteinse ossewa-brigade na die korrekte term vir
‘dropp down menu’ en kom met ‘aftuimelkieslys’
vorendag; dit klink soos ‘aftuimel-melkie-ys’-
smaak my jy gaan ysmelk kry as jy iewers aftuimel

Wat sal die ossewa-brigade in die plek van die term
‘drop-dead gorgeous’ voorstel, miskien iets soos
‘doodneerslaanglansend’, hoe sal dit klink as
manlief jou as as ‘doodneerslaanglansend’ beskryf-
ek sien die woorde slang en gans in daardie term

En ‘doodneerslaan’ klink asof iemand jou met ‘n
knopkierie platslaan of met ‘n panga uithaal – die
ossewa-brandwag moet dalk eerder In die rooi
lingua-franca-Ferrari klim en vergeet van
ambisieuse aambeiterme

Wat almal laat besef hulle ly aan
taalverskynselpyn…

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success