2 …ek Ruk In Jou Los Die Wese En Waarheid En Werklikheid Van Vervulde Vrou Poem by Johan Fourie

2 …ek Ruk In Jou Los Die Wese En Waarheid En Werklikheid Van Vervulde Vrou

Ek die man
• My siel was die skaduwee van ’n swerwer-wolf tot onlangs
• My liggaam eendag die kompos wat ’n wes-kaapse, ontwaakte roos voed
• Ons, die wolf en ek, was honger vir behoort, rus en vrede in die liefde gevind

Met my harde hande, wat sag kan omvou bemin en koester ek jou, dis hande met
• Littekens deur die son
• Littekens gelaat in soveel reg te gemaak het, en dan ook gemaak het
• Slim vingers wat beelde en flitse van skimme in my wese kan vang in woorde wat gevoel, klank en kleur en tekstuur kan konteks

Saggies en teer bemin, omvou en koester ek jou
• Siel, wat kwesbaar- en broos is, soos pas uit eierdop-gevegde-dons bedekte kuiken
• Jou grasiëuse, sensuele mooi lyf gevul met onvervulde passie en belofte
• Jou gesig met die hartstog op jou lippe, in die intonasie in jou woorde, en in die glans in jou oë

Dan in my omhelsing en ons teer aanraking, ontdekking met met oë, gehoor en vingers en handpalms
• Verstrengel my lang hare, omrede my rebellie teen die establishment en dogmas, wat langer as joune is, in joune
• En ons siele vul tydens ons kus-, en soen die plekke waar voorheen heimweë, gemis en onvervulde fantasië toegesluit en verborge was, en jaag die skimme van die verlede weg
• En ek ruk in jou los die wese en waarheid en werklikheid van vervulde vrou

Net soos ook die kelp en seewier wat rustig is vir daardie kortstondige oomblikke as die gety ebb en gaan staan, in die onstuimige hoogwaters in die lewe, en meesleurend trek en suig van laagwater
• Koppel ons sagkens, wiegend en ritmies
• Kognitief, bewustelik geestelik, emosioneel en fisies
• En uniek muskus word geskep

En ons ry die die storm en drang van van die gety tot sy oorgawe van gee en neem
• En ons trane van vreugde vloei saam
• En ons stemme wat lag en praat is getoonset met liefde

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success